Die tydskrif Rooi Rose het my genader en gevra om 'n paar fotos van my hekelwerk te publiseer asook een van my patrone. Die artikel kan gesien word in die nuutste uitgawe van Rooi Rose. Dit is dan met groot trots en ook dankbaarheid dat ek dit met almal deel.
Die patroon vir die Rooi Handskoene kan op Rooi Rose se webblad afgelaai word.
Baie dankie Rooi Rose!