Haarband
Hierdie haarband is vinnig en maklik om te hekel. Die band begin in die eerste ry aan die voorkant van die kop en word geleidelik na agter effens nouer sodat dit baie mooi en knus om die kop pas. Dit word aan die onderkant met 'n bandjie saamgetrek. Hierdie is een van die min haarbande wat baie mooi om die kop vorm sonder om gedurig af te gly. Dit sal die volwasse kop pas met 'n omtrek van so minus plus 53cm maar kan in enige grootte verander word deur met minder of meer kettingsteke te begin en dan die patroon aan te pas.
Begin met 80 ks, gs in 1e ks
Ry 1: 2ks, 1hlb in elke van vlg 79 ks, gs in 2e ks,
Ry 2: 3ks, 2lb in dieselfde st; slaan 2 hlb oor, 1kb in vlg hlb, *[2ks, 2lb in dieselfde hlb, slaan 2hlb oor, 1kb in vlg hlb,] * herh tot einde van rdte en gs in die 3ks sp, [26 groepies]
Ry 3: 2ks, slaan 2lb oor en werk 1lb in vlg kb, * [1ks, 1kb in vlg lb, 1ks, 1lb in vlg kb,]* herh tot einde van rdte, 1ks en gs in 2e ks
Ry 4: gs in 2ks sp, 3ks , 2lb in dieselfde sp, * [slaan vlg 1ks sp en 1kb oor en gs in vlg ks sp, 3ks, 2lb in dieselfde sp,]* herh tot einde van rdte en gs in 3ks sp
Vanaf ry 5 plaas 'n merker in in die 3ks sp van elke begin van rondte. Verwys na foto vir aanwysings.
Ry 5 |
Ry 6 |
Ry 5: [3ks, 2lb in dieselfde sp, gs in vlg 3ks sp, ] herh tot einde van rdte en gs in eerste 3ks sp,
Ry 6: [2ks, gs in vlg 3ks sp,] herh tot einde van rdte en gs terug in eerste 2ks sp
Bandjie:
Begin met 12ks, 1hlb in 3e ks vanaf pen, werk nog 9hlb. Heg af en werk die strokie bo oor die band se onderkant soos aangedui op bygaande foto.
Lekker hekel!
Dit gaan ek verseker probeer. Dankie!
ReplyDeletePlesier Christine! Ek hoop jou haarband dra ook
Deletebaie lekker!
Baie dankie, Monica. Jou patrone is lekker verstaanbaar en die mooi duidelike fotos maak dit ongelooflik maklik. Ek wil graag die haarband vir n vyfjaar oue dogtertjie probeer en sal laat weet hoe die mates uitgewerk het. Dis so lekker om in Afrikaans te kan hekel!
ReplyDeleteVoorspoed vorente,
Joletta Kotze
Dankie vir die boodskappie Joletta en lekker hekel! :)
Delete