Begin met 'n garesirkel. Kom ek wys gou vir die van julle wat nie weet wat 'n garesirkel is nie hoe om te werk te gaan.
Maak jou eerste begin-stekie op jou pen deur 'n glipknoop te maak en die hekelpen daardeur te steek. Maak nou 'n sirkel met die kortste deel van die draad. Dit vorm die ring of sirkel waarin die eerste ry gewerk word.
Ry 1: 12kb in die sirkel; neem nou die kort draad en trek. Die sirkel trek na mekaar toe sodat al die kb netjies bymekaar kom, ss in 1e kb. Sukkel jy met die sirkel? Begin dan met 5ks, ss om ring te vorm en werk 12 kb in ring.
Ry 2: 1kb in die vlg kb, *2ks, slaan een kb oor, 1kb in vlg kb, herhaal vanaf * tot einde van die ry, ss in die eerste kb (daar moet ses 2ks spasies wees)
Ry 3: *gs binne in vlg 2ks sp; werk nou soos volg in spasie: (2ks,3lb,2ks,ss in dieselfde sp)* herhaal van * tot * in die oorblywende 5 spasies
Ry 4: (3ks,1kb in kb wat oorgeslaan is van ry 2(dit is in blou gedruk sodat julle presies weet van watter steek gepraat word); 3ks, maak nou 'n kb om die been van die kb in ry 2. (Steek die hekelpen van agter na voor en om die kb van ry 2 en weer na agter soos op die volgende twee fotos geillustreer word; herhaal die stappe tot aan die einde van ry; (twaalf 3ks spasies)
Ry 5: Werk nou in elk van die 12 spasies soos volg: *gs binne in vlg 3ks sp; (2ks,3lb,2ks,ss
in dieselfde sp)* herhaal van * tot * in die oorblywende 3ks spasies tot einde van ry, ss en heg af.
Ta da! 'n Dubbelblaar Blom!
Hoop julle hekel ruikers vol blomme!
Mooi dag vir almal
*Regstelling: Vingerfout het ingesluip. Let asseblief daarop dat ss moet lees gs = glipsteek.*
Ek hou jou blommetjies
ReplyDelete,lekker haak
Dankie :)
DeleteJy het die wonderlikste webtuiste!!!!!!! Ek soek al soooo lank hierdie tipe onderwyseres!!!! BAIE DANKIE
ReplyDeleteElizma Stemmet
Monica
ReplyDeleteHet jy al die beer patroon onder die kniee HA! ek moet so gou as moontlik begin die stock is oor twee maande.
Magde
Hi.
ReplyDeleteEk het jare laas gehekel, nie baie nie, maar darem so 'n bietjie!!! Ek het maar net klein lappies gehekel en een koffietafellap, wat ek vandag nog gebruik!!! Het dit in ongeveer 1985/6 se kant gehekel.
Ek ek sê juis nou die dag dat ek lus het om weer te begin hekel en nou sien ek hierdie Blad, waarop die instruksies so duidelik en eenvoudig uiteengesit is en met prentjies gedemonstreer word. Ek gaan beslis, sodra ek 'n kansie kry, weer begin hekel.
Baie dankie, Monica.
Margie
Dankie vir jou boodskappie Margie! Hekelwerk bly vir jare mooi en kan beslis oor en oor gebruik word. Ek is so bly om te hoor die hekelgogga het jou weer gebyt. Hoop jy hekel sommer baie lekker!
DeleteMonica :)
hi goeie dag ek leer myself nou hiekel en ek geniet dit baie maar net iets wat ek nie reg kry nie is die blommetjies se begin die garesirkel ek weet nie hoe om,om die sirkel te hiekel nie as jy asb vir my meer inligting kan gee
ReplyDeletedankie en lekker dag
Elize
Elize, die fotos bo illustreer presies hoe die garesirkel gedoen word. Indien jy egter sukkel daarmee kan jy begin met 5 kettingsteke, glipsteek in die eerste kettingsteek om 'n ring te vorm, maak dan 1ks en volg die instruksies verder vanaf ry 1. Hoop dit help. :)
Delete