- 2 x 50g balle Elle Timber Dubbeldraad [Kleur: Witchhazel]
- 1 x 50g Elle Family Knit Dubbeldraad [Kleur: Claret]
- 1 x 50g Elle Family Knit Dubbeldraad [Kleur: Anitque]
- 1 x 100g Elle Pure Gold Dubbeldraad [Kleur: Navy]
- 4mm hekelpen
Die verwisseling van kleure word nie uiteengesit nie en kan gedoen word volgens eie smaak.
Begin met 6 ks en gs om ring te vorm.
Ry 1: Werk in ring soos volg: 3ks, 2lb, 2ks, 3lb, 3ks, draai.
Ry 2: 2lb in die 1e lb, 1ks, werk nou in vlg 2ks sp die volgende: [3lb, 2ks, 3lb]; 1ks, slaan vlg 2lb oor en werk dan in die volgende steek wat hierna die laaste steek genoem word weer 3lb, 3ks en draai.
Ry 3: 2lb in die 1e lb, 1ks, 3lb in vlg 1ks sp, 1ks, werk in vlg sp wat hierna die hoekspasie genoem word: [3lb, 2ks, 3lb]; 1ks, 3lb in vlg sp, 1ks, 3lb in laaste steek, 3ks, draai.
Ry 4 tot ry 44: Herhaal soos uiteengesit in ry 3 deur 3lb en 1ks in elke spasie aan sykante te werk en in elke hoekspasie word [3lb, 2ks, 3lb] gehekel. Eindig met 3ks, draai.
Werk 'n ry langbene eweredig oor slegs die boonste reguit gedeelte. Heg af.
Randafwerking:
Sykante het spasies waarin gewerk kan word. |
Heg randkleur in enige kettingsteek spasie aan sykant en werk dan soos volg: 5ks, lb in dies sp, werk nou in elke ks spasie [1lb, 2ks,1lb] en in elk van die 3 hoeke werk [1lb, 2ks, 1lb, 2ks, 1lb, 2ks, 1lb]. herh tot einde van ry en gs in die 3e ks. [Merk daar is spasies waarin steke gewerk word aan die 2 sykante maar die boonste rand bestaan uit die ry langbene.
Werk die boonste rand deur 1 langbeen oor te slaan en dan 2 langbene om sodoende te verseker die steke word egalig versprei. Verwys na die rooi kolletjies op die foto.
Vlg ry: Glipsteek in sp, 5ks, 1lb in dies sp, werk nou in elk van die vlg 2ks sp soos volg: [1lb, 3ks, 1lb] herh tot einde van ry, gs in 3e ks.
Laaste ry: Glipsteek in sp, werk in dies sp soos volg: [5 ks, 1lb]; * werk nou 1kb in vlg lb, werk in vlg sp weer [1lb, 2ks, 1lb] * herh vanaf * tot * oor al 3 sye en eindig met gs in 3e ks. Heg af.
Weef alle los drade weg.
Tot volgende keer!
Lekker hekel almal!
Hekel groete
♥
No comments:
Post a Comment
Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica