Ontmoet Adele Marais van Pretoria! Ons kuier hierdie maand so bietjie by haar en bewonder haar pragtige hekelwerk.
Vertel ons asseblief wie jy is en
van watter dorp jy is.
Ek het die wonderlikste vriendinne gemaak wat my hekelpassie deel en verstaan! Ek geniet elke oomblik!
Ek is Adele Marais en woon nog my
hele lewe lank in Pretoria
Hoe lank hekel jy al Adele?
Ek hekel nou so min of meer 3 1/2
jaar lank.
Wie het jou geleer hekel?
Ek het myself met youtube
videos en van internet tutorials af leer
hekel..
Het jy 'n gunsteling wol of gare
waarmee jy graag hekel?
Watter items is jou gunsteling
artikels om te hekel?
Ek hou hier ook van
verskeidenheid! Ek hekel graag komberse, doilies, en serpe.
Hoeveel tyd kry jy om te hekel?
Ek het glad nie ‘n huishulp nie
en ons is 5 grootmense in die huis, so my huishoudelike pligte meng ernstig in
met my hekeltyd maar ek maak tyd elke dag!
Die strykwerk lê soms ‘n dag of drie maar niemand kla nie! Ek hekel
graag terwyl ek TV luister!
Hoekom dink jy is hekel nou weer
so gewild?
Vrouens is van nature kreatiewe skepsels
en ons hou almal daarvan om ons hande besig te hou. Moderne hekelwerk gee kleur
en styl en kikker onmiddelik enige vertrek op!
Enige gunsteling kleure waarmee
jy graag hekel?
Ek is mal oor enige kleur! Van
geel tot pers. Ek probeer soms prakties wees en kleure gebruik wat in my huis
sal pas.
Is hekel slegs 'n stokperdjie of
hekel jy en verkoop jou items?
Dit is hoofsaaklik ‘n
stokperdjie. Ek hekel en skryf ook so nou en dan ‘n patroon vir One of a
Kind se asemrowende wolle!
Is daar enige iets wat jy wil
byvoeg waarin die lesers sal belangstel? Vertel ons meer.
Ek het nog nooit gevoel dat ek regtig genoeg talent
het om skeppend te wees nie, maar hekel het my lewe verander! Skielik voel ek
dat ek ook kreatief kan wees en items kan maak wat vir my (en vir die mense om
my) mooi is.
Baie dankie vir jou wonderlike bydrae Adele! Ek dink almal sal saamstem dat Adele se hekelwerk pragtig en kreatief is. Ons het lekker gekuier en tot volgende keer groet ek dan nou eers.
Lekker hekel almal!
♥
Adele is een van die eerste hekel-vriendinne wat ek ontmoet het, en sy is my groot kleur-inspirasie. Alles wat sy maak, is mooi.
ReplyDeleteHi gee jy om om daai blou, rooi, groen ens kombers se patroon met ons te deel?
ReplyDelete