'n Handgemaakte kaartjie is altyd 'n wenner.
Gebruik papier in kleur van jou keuse. Ek het wit papier gebruik met 'n dikte van 240gsm.
Sny in verlengde grootte. My kaartjie is 21cm x 15,5cm wat in die helfde gevou 'n kaartjie gee van 10,5cm 15,5cm.
Nadat jy die grootte uitgesny het, vou die kaartjie in die helfde en stryk die vou plat met 'n beenvou. 'n Kredietkaart werk ook goed genoeg indien jy nie 'n beenvou het nie.
Sny uit dekoratiewe papier 'n grootte wat effens kleiner is as die kaartjie. Ek het 'scrapbook' papier gebruik.
Ons gaan nou borduursteke maak rondom die papier maar moet eers gaatjies in die papier maak.'n Goeie idee is om die papier te werk met 'n ongerygde naaldwerk masjien. Dit help om die gaatjies eweredig te hou en die gaatjies loop dan ook sommer in 'n mooi reguit lyn. Baie makliker om dan te borduur!
Hekel 'n blommetjie met dieselfde katoen wat gebruik is vir die borduur stekies en werk 'n knopie aan die binnekant.
Gebruik 'double sided tape' om alles in plek te hou.
So maklik soos dit! 'n Handgemaakte kaartjie vir iemand spesiaal.
Hekel groete!
Ag dis so mooi eks so bly ekt op die blad afgekom jyt sulke oulike goed danki jy xxx
ReplyDeleteGroot plesier Rina. Dankie vir die boodskappie. :)
Delete