Lekker vinnige gehekelde hoedjie!
Ek het hierdie week gou-gou hierdie lekker 'chunky' hoedjie aanmekaar geslaan gedurende my etensuur by die werk. Ek het so gedeelte van 'n bolletjie Elle Pure Gold Chunky wol ontdek en maar gehoop dit sou genoeg wees vir 'n hoedjie. Ek het wol kort gekom en kon nie weer van dieselfde 'lot' kry nie en daar was een enorme kleur verskil wat my toe die idee gegee het om dan maar 'n blom te hekel wat albei die 'lotte' insluit en nou lyk dit darem nie te sleg nie. Ek sal een of ander tyd moet gaan sit en die patroon neerskryf want ek is nogal tevrede met die uitkoms. Ek het sommer so op intuisie gehekel en elke ry maar beplan soos dit kom. Dit sal my kos en hekel nog een sodat ek kan sien wat ek gedoen het. :)
Dit is gelukkig net die laaste twee rondtes wat 'n ander kleur skakering is en as ek die hoedjie se randjie omvou lyk dit asof dit so moet wees. Die blom is los so ek kan besluit of ek die blom wil dra of nie.
Lekker hekel en groete!
No comments:
Post a Comment
Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica