Vandag wil ek met julle my patroon deel vir 'n lekker paar vingerlose handskoene. Hierdie is dieselfde patroon wat verlede jaar in die Rooi Rose verskyn het en wat ook op hulle webwerf te siene is. Ek kry egter soveel navrae vir vingerlose handskoene dat ek besluit het om 'n volledige artikel daaroor te doen en sommer die patroon vir almal beskikbaar te stel.
In die foto bo kan duidelik gesien word hoe die rib gedeelte vertoon wanneer daar slegs in die agterste lusse van die kortbene gewerk word.
Hier volg die instruksies vir die werk van die relieflangbeen voor asook die relieflangbeen agter. Daar word ook soms na die steek verwys as die agterom steek of die voorom steek. Die steek kan ook gebruik word vir rib effekte en verleen wonderlike tekstuur aan die hekelwerk. 'n Wonderlike steek en beslis 'n moet om te leer.
'n Relieflangbeen voor word presies gewerk soos 'n gewone langbeen met een verskil. In plaas van die hekelpen in die steek of spasie te steek word die pen van voor na agter en dan weer na die voorkant om die stammetjie van die steek gewerk. Dus: slaan draad om pen, steek pen van voorkant na agter om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die voorkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlbv.
Die relieflangbeen agter is weer presies soos die rlbv met een verskil. In plaas van die hekelpen van voor na agter te steek word die pen van agter na voor en weer na agter deurgesteek om die stammetjie van die langbeen. Hierdie steek word dus aan die agterkant van die stammetjie voltooi. Dus: slaan draad om pen, steek pen van agter na voor om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die agterkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlba.
Neem asseblief kennis van die korreksie op boonste aanwysings. Dit moet lees: Ry 30: [verwys na illustrasies bo vir die maak van 'n relieflangbeen agter [rlba] en relieflangbeen voor [rlbv]
Hier kan die patroon duidelik gesien word. Die rlbv lê aan die voorkant en die rlba lê meer na agter.
Om die handskoene te voltooi ryg 'n wolnaald met breidraad en werk naat toe van bo na onder, maar los 'n gedeelte oop vir die duim om deur te pas.
Duim:
Werk nou 2 rye van ongeveer 18 halwe langbene rondom duim gedeelte. [Die aantal hlb om die duim opening sal afhang van die grootte wat oop gelos is maar 18 steke gee 'n gerieflike opening.
Hier is fotos van die afgelope 2 hekelklasse wat ek aangebied het by The Crafters Inn. Dit was 2 heerlike groepe en is altyd so lekker om al die dames te ontmoet. Ek dink die fotos kan beter verduidelik hoe lekker dit was.
Hanlie van Tonder het al menige hekelklas van my bygewoon. Nadat sy die Tunisiese hekelkas gedoen het is hierdie 2 pragtige kussings deur haar gehekel. Ek dink dit is pragtig met die uiltjies op. Is hulle nie te dierbaar nie? So 'n oorspronklike ontwerp en die randjie wat sy omgehekel het vertoon lieflik! Dankie vir jou foto Hanlie!
Cheryl van Staden, het vir my 'n foto gestuur van haar Beanie wat sy gehekel het. Sy het my patroon gebruik en is baie in haar skik met hoe dit uitgekom het. Ek dink ook haar Beanie lyk pragtig! Kyk net hoe mooi lyk dit en haar hekelwerk is so netjies! Dankie vir die deel van jou werk Cheryl! :)
Dit reen alweer hier in die Kaap en is bitterkoud. Ek gaan nou eers 'n lekker koppie stomende koffie maak en wat doen mens wanneer dit koud is? Jy hekel natuurlik! :)
Mooi bly almal en lekker hekel!
♥
My ma het so 2 weke in Namibië kom kuier. Sy hekel vir haar kouse en het so 3 pare gehekel. Ek het haar na die wolwinkel geneem hier in Windhoek en toe byt die gogga by aan my kleintoontjie...Winter is nou amper verby en ek is nog altyd Amateur as dit by Hekel kom. Ek is mal oor jou blog en leer maar nogsteeds. Dankie dat jy Hekel in ons wakker maak 😉
ReplyDeleteEk dink ek wil my Graad R - Graad 3 kinders by die Voortrekkers bietjie leer hekel as ek so bietjie meer weet...maar jou fotos en beskrywings is so maklik dat ek hulle almal sal kan touwys maak!!
Dankie vir jou geselsie al die pad vanaf Windhoek. Wanneer daardie gogga byt laat los hy nooit weer nie. Bly jy gebruik my blog om jou te help om hekel onder die knie te kry en ja dit is ook 'n wonderlike idee om jou kennis dan oor te dra aan die Voortrekkers. Geniet dit en mooi dag vir jou! ♥
ReplyDelete