Goeie dag liewe lesers,
Ek hoop dit gaan sommer baie goed met almal en dat al die Moeders bederf is vandag!
Vanoggend het my dogter hierdie pragtige bos geel rose vir my gebring. Die pragtige goudgeel gesiggies bring ook sommer 'n tikkie sonskyn hier binne in die huis.
Ek hoop dit gaan sommer baie goed met almal en dat al die Moeders bederf is vandag!
Vanoggend het my dogter hierdie pragtige bos geel rose vir my gebring. Die pragtige goudgeel gesiggies bring ook sommer 'n tikkie sonskyn hier binne in die huis.
In 'n geskenk pakkie het ek ook 'n lekker paar pantoffels, 'n heerlike sjokolade asook 'n ietsie wat lekker ruik en wat goed is vir die lyf gekry. En die woorde "Oneindig lief vir Mams" op die kaartjie. En ook 'n telefoon oproep van my seun wat te vêr is op by my te wees maar wat net wil sê hy is lief vir my. Dit is al wat enige Moeder nodig het. Om te weet haar kinders is lief vir haar. :)
En hier is die fotos van die Tunisiese klas gister oggend by The Crafters Inn. Ons het heerlik gekuier. Ek het 4 verskillende steke gedemonstreer en elkeen het blokkies gehekel om die steke te oefen. Daar is geleer hoe om te verminder en te vermeerder. 'n Paar tips is gegee oor kleure verander en daar is ook gepraat oor ekstra tegnieke. Hier onder is Sharloom, Hanlie en Anje besig om te konsentreer en hulle het nie eens agtergekom ek neem 'n foto nie.
Hier onder is 'n kombers wat Hanlie gehekel het. Sy was ook in een van my meer gevorderde hekel klasse en hierdie kombers is die resultaat daarvan. Pragtig Hanlie! Baie dankie dat jy my toelaat om dit met almal hier te deel!
Ek wens almal 'n wonderlike week toe. 'n Week van heerlike hekel en lekker gesellige aande met 'n hekelwerkie op die skoot.
Warm bly almal!
Tot volgende keer
Lekker hekel almal!
♥
Goeie more
ReplyDeleteEk is opsoek na 'n lekker hiekel groepie waar ek kan inskakel, ek bly in pretoria-oos kan jy my dalk help
Groete
Sabrina
r