Pragtige gehekelde patroonsteek om te leer!
Grootte van blokkie: 17 x 17cm
Materiaal gebruik: Elle Pure Gold Dubbeldraad en 4mm hekelpen.
Spesiale Instruksies in hierdie patroon: Langbeen groep [Afkorting = lbgr] Werk in dieselfde steek die volgende: [2lb,1ks,2lb]
Begin met 35 ks.
Ry 1: 1lb in 4e ks vanaf pen, * slaan 2ks oor, werk 'n lbgr in vlg ks, slaan vlg 2 ks oor, 1lb in vlg ks,* herh vanaf * tot * nog 4 keer, 1lb in laaste ks, draai
Ry 2: 3ks, 1lb in vlg lb, * lbgr in 1ks spasie van vlg lbgr, 1lb in vlg lb, * herh vanaf * tot * nog 4 keer, 1lb in laaste lb, draai
Herhaal ry 2 tot 14 rye voltooi is.
Laaste ry: 2ks, hlb in vlg lb, * 2ks, kb in 1ks spasie van vlg lbgr, 2ks, hlb in vlg lb,* herh vanaf * tot * nog 4 keer, hlb in laaste steek. Heg af.
Idees:
- Hekel hierdie blokkie langer vir 'n baie mooi serp!
- Hekel blokkies in verskillende kleure vir 'n mooi kantagtige baba kombersie.
- Gebruik die patroonsteek in lang rye vir 'n lekker groot kombers.
- Hekel 'n toppie of baadjie en gebruik hierdie steek.
No comments:
Post a Comment
Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica