Ons kuiergas vandag is Lezelda Faul van Hartenbos. Lezelda se hekelwerk is kleurvol, pragtig en opwindend. Baie welkom Lezelda!
Monica: Vertel ons asseblief wie jy is en van waar?
Lezelda: Ek is Lezelda Faul (43 jaar oud) en is
in die gelukkige posisie om by die see, Hartenbos, te woon.
Monica: Hoe lank hekel jy al?
Lezelda: Ek hekel nou so amper 3 jaar.
Monica: Waar kom jou inspirasie vandaan en wie het jou geleer hekel?
Lezelda: Die eintlike inspirasie vir hekel was
seker my dierbare vriendin van Oudtshoorn, ons kon deurnag hekel! As kind het ek by my Italiaanse ouma
slaapsokkies leer hekel deur “look and learn”, maar nie aanhou hekel nie. Ek het by my ander ouma ‘n baie ou hekelboek
gekry waar jy jouselfr kan leer hekel, so ek het die boek op ‘n dag nader
getrek en so begin – soos my man sê:
Julle moet dit sien! Want dis
handleidings met die steke aanwysings, foto’s, i-pad en boeke om my as ek ‘n
patroon aanpak.
Lezelda: Wanneer ek ‘n groot projek aanpak,
soos ‘n kombers, gebruik ek graag Elle Pure gold, andersins gebruik ek enige
sagte wol of gare waarvan die kleur met my “praat”. Ek hou van helder, kleurvolle items.
Monica: Gunsteling artikels wat jy graag hekel?
Lezelda: Gunsteling artikel tot dusver was die
sakke wat ek hekel. Ek geniet dit so om
met die kleure te “speel” en elke sak anders te maak. Die African flower is ‘n gunsteling patroon –
ek het na die een kombers klaar was, dadelik die volgende aangepak.
Monica: Hoeveel tyd kry jy om te hekel?
Lezelda: Ek sê altyd alles wat ek hekel is
“wag” items, om rede ek elke kosbare minuut gebruik om te hekel – wanneer my
kinders HipHop, netbal speel, ek kos maak, wag by die ortodontis, enige tyd
enige plek! Ek gaan ook nooit vroeg
slaap nie en hekel tot laataand. My
hekelsak is altyd in die motor – my hande moet besig bly, anders slaap ek! My kinders het al gesê dis so “embarrassing”
as ek so hekel, maar ek het ‘n keuse gestel:
of ek sit en slaap en snork OF ek hekel!
Monica: Hoekom dink jy is hekel so gewild?
Lezelda: Ek reken hekelwerk is so gewild, omdat
dit nie net meer doillies en kledingstukke is nie. Ook vir die kleur wat jy daarin sit. Ek sien dit as iets soos inkleur.
Monica: Watter kleur is jou gunsteling om te gebruik in projekte?
Lezelda: Gunsteling kleur is pienk, groen, blou
en rooi.
Lezelda: Hekel is eintlik maar een van my vele
stokperdjies. Soos wat ek hekel kry dit
gewoonlik baie vinnig ‘n koper.
Monica: Is daar enige iets wat jy wil byvoeg waarin die lesers sal belangstel?
Lezelda: Wat ek ook al aanpak, glo ek, mag net
nooit “home made” lyk nie, so ek probeer om altyd ‘n ietsie ekstra mooier
daarvan te maak. Ek bied so af en toe ‘n
hekelgroep aan, maar hekel veel lekkerder op Saterdae saam met goeie vriendinne
by my huis.
Monica: Het jy 'n facebook blad of webwerf?
Lezelda: Ek het ‘n facebook blad waar ek met my
handewerk spog: Lezelda Barocci Faul
Monica: Baie dankie vir jou Lezelda! Dit was heerlik om jou hekelwerk te sien en jou beter te leer ken. Jou werk is pragtig en lyk beslis nie 'homemade' nie. Jy kan voorwaar trots wees!
Lezelda: Baie dankie vir die geleentheid om ook ‘n kuiergas by Hekel Idees te wees. Ek sien regtig baie uit na die uitgawe. Lekker dag!
Monica: Dankie Lezelda! :) Tot volgende keer:
Lezelda: Baie dankie vir die geleentheid om ook ‘n kuiergas by Hekel Idees te wees. Ek sien regtig baie uit na die uitgawe. Lekker dag!
Monica: Dankie Lezelda! :) Tot volgende keer:
Lezelda se hekelwerk is pragtig, die kleure en netjiese werk tref mens dadelik
ReplyDeleteEk stem!
DeleteHallo Lezelda! Jou hekelwerk is puik. My moeder het bedsokkies gehekel van 'Granny Squares'. Het jy miskien die patroon. Wil vir die oumensies by aftree oord hekel van my oorskied wol! Dankie.
ReplyDeleteDankie Monica dat jy al die mooi idees met ons deel
ReplyDeletePlesier, dit is heerlik om te sien hoe talentvol die dames is. Ek is bly om dit te kan deel met almal.
Delete