Materiaal gebruik: 2 x 100g Elle Pure Gold Dubbeldraad en 5mm hekelpen
Begin met 40ks
Patroon van naby gesien. [Klik om te vergroot] |
Ry 1: 1lb in 4e ks vanaf pen; 1lb in elk van vlg 2 ks; * 1ks; slaan 1 ks oor; 1 lb in elk van vlg 3ks * herh tot einde van ry; draai
Ry 2: 3ks, 1lb in elk van vlg 2 lb; * 1ks; 1lb in elk van vlg 3lb; * herh tot einde van ry; draai
Herhaal ry 2 totdat 90 rye voltooi is of totdat serp 1,15 meter lank is.
Knip draad maar los 'n gedeelte lank genoeg om die laaste en eerste ry aanmekaar vas te werk. Heg af.
Ek wil ook 'n spesiale dankie sĂȘ vir Suzaan wat model gespeel het vir die foto. :)
Lekker hekel almal!
Jou hekelidees is baie interessant,kan nie wag om Kersgeskenke te begin hekel nie
ReplyDeleteHi Monica, kan jy my asb verduidelik hoe om 'n nuwe bol wol te heg aan die hekelstuk waarmee ek besig is? Ek is 'n beginner, en nie seker hoe om dit te doen sodat dit netjies vertoon nie?
ReplyDeleteHi Tessa,
ReplyDeleteWanneer jy met 'n nuwe kleur wil begin doen dit soos volg: Wanneer jy by die heel laaste langbeen in kleur A werk, hekel die langbeen tot 2 lusse op pen is en trek dan die nuwe kleur deur die 2 lusse in plaas van om die langbeen te voltooi met Kleur A.