Hekel vir jou 'n paar Slenterskoene vir die winter en hou jou voete nie net warm nie maar ook sommer mooi getooi!
Met die winter wat nou behoorlik hier is deel ek graag my slenterskoen patroon met julle. Hierdie skoentjies kan aangepas word om enige grootte voet te pas. Dit is geskryf vir 'n volwasse voet, maar indien jy dit kleiner wil maak gebruik 'n dubbeldraad en 'n 4mm hekelpen.
Hier is 'n ekstra link vir diegene wat probleme ondervind met die aflaai van die patroon by Scribd.
Slenterskoene Patroon
Lekker hekel!
Hi Monica,
ReplyDeleteEk is absoluut mal oor jou al jou idees en ook jou patrone, maar sou graag die sleterskoene patroon wou hĂȘ, maar kry dit nie geprint of ge-"copy" nie! Ai, ek gee nou my ouderdom weg, want ek en rekenaars!
Groete,
Carin
Hi Carin,
DeleteAan die onderkant links van die patroon is daar 'n pyltjie met die opsie vir download. Jy click daarop en die patroon sal dan na jou rekenaar oorgelaai word vanwaar jy dit dan kan save as 'n dokument en dan is dit maklik om te print.
Hoop jy kom reg!
Monica :)
Monica
ReplyDeleteGoeiemore!!! Dankie dat jy jou pragtige idees met ons deel!!! Ek wil ook graag die slenterskoene aflaai, maar kry 'n boodskap nl "400 Bad Request". Ek weet jy dalk geen beheer oor dit nie, maar wat is die moontlikheid dat jy dit vir my kan epos?? of miskien weer laai?
Audrey
Hi Audrey, Baie jammer daaroor. Ek het 'n ekstra link net onder die patroon geplaas wat hopelik die probleem sal oplos. Hoop jy kom reg!
DeleteLekker dag verder
Monica
Middag Monica,
ReplyDeleteBaie dankie vir die gratis hekelpatrone wat jy vir ons gee. Jy is baie dierbaar. Ek gaan nou lekker hekel. Eerste die vingerlose handskoene en dan die skoentjies.
Baie dankie. Marie de la Rey
Dankie vir die boodskap Marie. Lekker hekel! :)
Delete