Hi almal!
Ek het vandag 'n spesiale Paasfees geskenk vir julle! Ek weet nie of ek die enigste een is nie maar sjokolade en ietsie warms om saam met die soetigheid te drink bly darem die beste!
Wanneer mens so 'n blokkie sjokolade in die mond laat wegsmelt en daarmee saam so 'n sippie warmte (tee of koffie, solank dit warm is)neem en die tweetjies mengel so tussen die kieste rond! Mmmmmm.......pure hemelse lekkerte!
En terwyl dit nou die enigste tyd van die jaar is wanneer mens toestemming het om baie sjokolade te mag geniet, het ek dit goed gedink om vir julle 'n ietsie gratis te gee. Hiermee dan 'n hekel patroon vir die warm hou van die ou teepotjie.
Geniet dit en lekker hekel!
Baie dankie Monica vir die oulike teepotjassie patroon.
ReplyDeleteJy het 'n oulike blad hier en ek gaan nou gereeld kom inloer.
Mooi bly
Dankie vir die inloer Sonia! :)
DeleteMore Monica. Het jy asb vir my n hekel patroon vir slaapsokkies
ReplyDeleteMy email alta2780@gmail.com
Lekker dag
Alta
Dit sal nice wees om n hekel patroon te kry vir slaapsokkies of n brei patroon asb monica email adress natashapieterse96@yahoo.com
ReplyDeleteDag Moica... kan jy asseblief hierdie teepotpatroon in Afrikaans gee. Ek sukkel vreeslik met die Engelse termes. Verder geniet ek al jou hekelpatrone. Dit is al wat ek op my rekenaar kan print en die ander mense se patrone het of 'n virus of is skadelik vir my rekenaar.
ReplyDeleteGroete
Naomi le Roux
Hi Naomi,
DeleteEk het hierdie patroon in Engels geskryf en het ongelukkig nog nie 'n Afrikaanse weergawe daarvan gedoen nie. Ek is bereid om jou te help indien jy sukkel met die terme. Indien daar enige onduidelikheid is laat weet my en ek ek sal terugkom na jou so gou as wat moontlik is.
Groete
Monica