Die afgelope week was vriesend koud en ek het myself in die aande besig gehou met 'n hekelwerkie op die skoot.
Ek het onder andere vir myself 'n lekker warm hoedjie gehekel deur 10 "ouma blokkies" [Granny Squares] aanmekaar vas te werk. Die boonste deel bestaan uit 'n ronde motief wat ek gehekel het. Ek het die twee gedeeltes aanmekaar gehekel met slipsteke. Die hoedjie lyk baie oulik met sy omgevoude rand onder en is ook heerlik warm!
My Seshoekige Motief
Ek is ook besig om hierdie kombersie te hekel wat bestaan uit 'n seshoekige ontwerp. .
Tot volgende keer dan.....
Lekker hekel!
Pragtig...Ek hou van jou kleurkeuse. Dis so lekker sag op die oog!
ReplyDeleteDankie vir die inloer Riette :)
ReplyDelete