Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekel rondom die Wereld.

Ons besoek verskillende lande en kyk hoe daar gehekel word.  Is daar sekere tradisionele hekelwerk wat eie is aan 'n spesifieke land en word die tradisies oorgedra van geslag tot geslag. Indien wel is daar sekere tradisionele hekelwerk metodes of patrone wat deur die res van die wereld oorgeneem is deur die jare? 

Nuuskierig om meer te weet?

Reis saam met my en leer ook  terselfdertyd hoe hierdie wonderlike handvaardige kunsvorm mense dwarsoor die wereld beinvloed.

Japan: Amigurumi





3 comments:

  1. Hallo daar, inderdaad n lekker kuierblad. Die werk wag, gaan weer kom inloer.... hekelgogga na soveel jare het erg gebyt. lekker aand, Daleen

    ReplyDelete
  2. My eerste besoek aan jou blad en wat 'n aangename besoek. Ek wil graag weet wat mens alles met gehekelde blokkies kan doen? Nie net komberse nie. Asb help.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Elmarie, Jy kan omtrent enige iets waaraan jy kan dink doen met gehekelde blokkies. Rompe, Bloese, Baadjies, Serpe, Stolas, Tafeldoeke, Matte, Handsakke, Tafeldoeke om jou 'n idee te gee. :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica