Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Valentyns Kaartjie


Valentyns Kaartjie


Met 'n swaaiende arm  en groot glimlag groet ek julle liewe vriende en vriendinne! 🙋

Julle wonder seker wat van my geword het want ek hou my lyf maar baie skaars. Daar is 'n spreekwoord wat sê: Goeie goed is skaars! (grappie julle 🙈) Tussen voltyds werk en ouma wees bly daar nie veel tyd oor vir ander dinge nie. Kom ons sê maar net dat die lewe gebeur en ons probeer maar ons beste om by alles uit te kom. Ek is baie dankbaar om  vandag 'n tydjie te kon afknyp om weereens so ietsie met julle te mag deel!!!


Met Valentynsdag wat om die draai loer deel ek 'n lekker maklike idee met julle. Hekel 'n paar hartjies en maak hierdie kaartjie vir jou geliefde. Die patroon vir die hartjies kan hier gevind word. Die heel kleinste hartjie aanwysigings word gebruik. 


Benodighede

Elle Premier Cotton DK 
3,50 mm hekelpen
Wit Karton vir Kaartjie 
Sharpie Pen 

So Maak Mens

  • Stap kombuis toe en maak 'n koppie koffie of tee of gooi vir jou in net waarvoor jy lus is. Ek drink Wilde Jasmyntee. Pure lekkerte!  
  • Kry jou benodighede bymekaar en gaan sit iewers waar jy lekker kan ontspan.
  • Moenie die foon of rekenaar vergeet nie. Instruksies kan ook natuurlik uitgedruk word indien verkies.
  •  
  • Volg instruksies vir klein hartjie en hekel 5 hartjies altesaam. 
  • Werk alle los draadjies weg. 
  • Plaas 'n klein juweliers ringetjie deur elke hartjie. 
  • Moenie vergeet van jou koffie of tee nie. 
  • Hekel 'n kettingsteek strook en ryg dit deur al 5 ringetjies. (Ek het 70 kettingsteke gehekel)
  • Plaas eenkant tot later.
  • Druk 'n gaatjie aan weerskante van kaartjie en ryg  die hartjie banier deur albei.
  • Ryg 'n paar kraaltjies aan elke punt van kettingsteek strook vir afronding. (Opsioneel)
  • Skryf jou boodskappie aan die binnekant van die kaartjie en versier verder volgens smaak . 
'n Valentynskaartjie gemaak met liefdevolle hande en 'n liefdevolle hart!



Tot volgende keer lekker hekel almal!

No comments:

Post a Comment

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica