Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Ouma Hekel Heerlik!

Ai dit is lekker om ouma te wees!

Die oorweldigende liefde en vreugdevolle glimlag  wat my hart toevou elke keer wanneer ek aan haar dink is iets wat ek nie in my wildste drome van ouma-wees verwag het nie. 

Ek het in hierde jaar (en so bietjie), darem 'n paar goedjies gedoen gekry. Die eerste paar maande het ek rustig gesit en brei en hekel vir die nuwe kleinding. Op die fotos hieronder is links bo 'n gebreide truitjie en ook 'n langbroekie wat aanmekaar geslaan is op my naaimasjien met 'n bandjie aan die agterkant wat lees .. "Ouma se skat xxx"  Daar is 'n paar houthangers wat oortreksels gekry het. Vinnis se  Serina het gesorg vir 'n sagte paar gehekelde skoentjies. En dan moet daar mos natuurlik ook 'n ou bersie wees. Met Pure Gold en 'n Granny riffelpatroon was hierdie kombersie ook 'n heerlike projek om aan te werk. 

Vir die van julle wat nog wonder oor die gehalte van Elle Pure Gold wol. My dogter getuig dat sy die kombersie hier onder op die foto  al menige male gedurende hierdie jaar in die wasmasjien gewas het en dit lyk nog splinternuut. (ek word glad nie betaal om dit te sê nie hoor) :)




Katia Belice, 'n katoenmengsel, het gesorg vir 'n kleurvolle gehekelde baadjie met bypassende skoentjies. 

Abigail het haar opwagting gemaak op die 2e April. 

Toe ek haar die eerste keer sien het sy my voete onder my uitgeslaan. Dit was liefde met die eerste oogopslag.... 'n bondeltjie liefde en kleine ou poppie van 2.4kg. So so klein en so volmaak. 


Tien klein toontjies wat nou al amper trippe trappe trone en tien klein vingertjies wat kan raakvat! :)
En kyk net hoe sit sy ewe grootoog en kyk saam met Ollie na een van haar gunsteling movies: Winnie the Pooh. 
   



Daar is ook hard gebrei en gehekel vir Kersfees. Die  'ratlle' (wat noem mens dit in Afrikaans?) 'n ratel ... gits dit klink nie vir my reg nie, Indien enige een van julle weet wat die korrekte Afrikaanse benaming is help tog asseblief..... is sommer so op gevoel gehekel. Vir die poppie en legkaartbal het ek patrone gebruik. Dit was baie moeilik om die geskenke te laat oorstaan tot Kersdag. Ek is gewoonlik  meer opgewonde om geskenke uit te deel as om te ontvang?


So tussen-in was daar ook nog 'n tydjie om vir die kombuis 'n mat met t-yarn te hekel.

Ek laat sak my kop in skaamte en ek moet bieg oor iets wat ek gesê het ek gaan doen.

Hier sit ek 'n jaar later en dit is nog steeds nie gedoen nie. Al my goeie voornemens om al die WIPS klaar te maak gedurende die jaar het net nooit gebeur nie. Dit is nog veilig in die kas...... elkeen netjies verpak in plastiek asof dit my nou moet laat beter voel.  Die probleem ontstaan gewoonlik wanneer ek nog besig is met een projek en iets anders vang my oog. Plaas dat ek eers die projek waarmee ek besig is voltooi, maar nee.... o wee dit is 'n geval van "soooo baie wol en soooo min tyd en sooooo baie inspirasie en net twee hande. 

Gedurende die jaar het ek baie tyd gehad om te dink oor my gesondheid en my pad vorentoe. Ek het besluit om hierdie keer minder posts te doen per maand sodat ek ook tyd kan maak vir ander dinge wat saak maak.  Ek het 'n paar goed in gedagte wat ek wil doen maar wil nie nou te veel daarop uitbrei nie. 

'n Groot dankie vir almal wat nog hier by Hekel Idees kuier!   

Lekker hekel!


5 comments:

  1. Hallo Monica. Verstaan maar te goed hoe jy voel oor onvoltooide projekte, maar deel ook die vreugde van 2 liefste kleingoed,3 en 1jrtjie oud,wat met so min tevrede is, net ons liefde en natuurlik het oupie en oumie tonne om te deel met ons bondeltjies vreugde. Geniet oumie, gee hul wat ons gemis het met ons kleingud. Mooi spoortjies trap. Groete Denise

    ReplyDelete
  2. Hallo Monica. Verstaan maar te goed hoe jy voel oor onvoltooide projekte, maar deel ook die vreugde van 2 liefste kleingoed,3 en 1jrtjie oud,wat met so min tevrede is, net ons liefde en natuurlik het oupie en oumie tonne om te deel met ons bondeltjies vreugde. Geniet oumie, gee hul wat ons gemis het met ons kleingud. Mooi spoortjies trap. Groete Denise

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Denise! Ek geniet haar vreeslik. Sy het my hele hart gesteel. Mooi bly. :)

      Delete
  3. Halo Monica. Ons almal al mamas en dames met werk en eie huishoudings, verstaan 100%. Ons is net te verlig dat jy weer meer jouself is en terug om ons met al jou idees te motiveer. Geniet die kleinding - as mens jou oë uitvee is hul groot en speeltyd verbeur. Hug ♡☆♡

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Mon. Dit is so ... die tyd gaan so vinnig verby en ons moet elke oomblik geniet. Mooi dag vir jou. :)

      Delete

Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
Mooi bly!
Monica