Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Gratis Patroon: Vingerlose Handskoene.

Goeie middag almal,

Vandag wil ek met julle my patroon deel vir 'n lekker paar vingerlose handskoene. Hierdie is dieselfde patroon wat verlede jaar in die Rooi Rose verskyn het en wat ook op hulle webwerf te siene is. Ek kry egter soveel navrae vir vingerlose handskoene dat ek besluit het om 'n volledige artikel daaroor te doen en sommer die patroon vir almal beskikbaar te stel. 




In die foto bo kan duidelik gesien word hoe die rib gedeelte vertoon wanneer daar slegs in die agterste lusse van die kortbene gewerk word.

Hier volg die instruksies vir die werk van die relieflangbeen voor asook die relieflangbeen agter. Daar word ook soms na die steek verwys as die agterom steek of die voorom steek. Die steek kan ook gebruik word vir rib effekte en verleen wonderlike tekstuur aan die hekelwerk. 'n Wonderlike steek en beslis 'n moet om te leer.



'n Relieflangbeen voor word presies gewerk soos 'n gewone langbeen met een verskil. In plaas van die hekelpen in die steek of spasie te steek word die pen van voor na agter en dan weer na die voorkant om die stammetjie van die steek gewerk. Dus: slaan draad om pen, steek pen van voorkant na agter om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die voorkant, slaan draad om pen en trek deur, [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlbv. 





Die relieflangbeen agter is weer presies soos die rlbv met een verskil. In plaas van die hekelpen van  voor na agter   te  steek  word  die pen  van agter  na  voor en weer na agter deurgesteek  om die stammetjie van die langbeen. Hierdie steek word dus aan  die agterkant van die stammetjie voltooi.  Dus:  slaan  draad  om pen, steek pen van agter na voor om die stammetjie van die langbeen en bring die pen weer deur na die agterkant, slaan draad  om  pen en trek deur,  [3 lusse op pen] slaan draad om, werk deur 2 lusse, slaan draad om pen en trek deur oorblywende 2 lusse. Dit voltooi die rlba. 



Neem asseblief kennis van die korreksie op boonste aanwysings. Dit moet lees: Ry 30: [verwys na illustrasies bo vir die maak van 'n relieflangbeen agter [rlba] en relieflangbeen voor [rlbv]


Hier kan die patroon duidelik gesien word. Die rlbv lê aan die voorkant en die rlba lê meer na agter.

Om die handskoene te voltooi ryg 'n wolnaald met breidraad en werk naat toe van bo na onder, maar los 'n gedeelte oop vir die duim om deur te pas. 

Duim:

Werk nou 2 rye van ongeveer 18 halwe langbene rondom duim gedeelte. [Die aantal hlb om die duim opening sal afhang van die grootte wat oop gelos is maar 18 steke gee 'n gerieflike opening. 

Hier is fotos van die afgelope 2 hekelklasse wat ek aangebied het by The Crafters Inn. Dit was 2 heerlike groepe en  is altyd so lekker om al die dames te ontmoet. Ek dink die fotos kan beter verduidelik hoe lekker dit was. 




Hanlie van Tonder het al menige hekelklas van my bygewoon. Nadat sy die Tunisiese hekelkas gedoen het is hierdie 2 pragtige kussings deur haar gehekel. Ek dink dit is pragtig met die uiltjies op. Is hulle nie te dierbaar nie? So 'n oorspronklike ontwerp en die randjie wat sy omgehekel het vertoon lieflik! Dankie vir jou foto Hanlie! 




Cheryl van Staden, het vir my 'n foto gestuur van haar Beanie wat sy gehekel het. Sy het my patroon gebruik en is baie in haar skik met hoe dit uitgekom het. Ek dink ook haar Beanie lyk pragtig! Kyk net hoe mooi lyk dit en haar hekelwerk is so netjies! Dankie vir die deel van jou werk Cheryl! :)

Dit reen alweer hier in die Kaap en is bitterkoud. Ek gaan nou eers 'n lekker koppie stomende koffie maak en wat doen mens wanneer dit koud is? Jy hekel natuurlik! :)

Mooi bly almal en lekker hekel!