Afrikaanse Hekel Patrone.

Die enigste Afrikaanse hekelpatrone wat ek het is die wat alreeds hier geplaas is. Kyk onder Tutoriale en Gratis Patrone. Enige ander patrone wat nie op hierdie blad verskyn nie kan gesoek word deur Skakels te besoek wat bo aan die blad gevind kan word. Daar is duisende hekelpatrone maar alles is egter in Engels.

Hekel - Die Begin

Niks is meer bevredigend as om iets met jou eie hande te skep nie.

Daar is al hoe meer vroue wat die waarde van skeppende handwerk besef. 


Hekel is een van die handwerke wat bo aan die lys is van 'n handwerk wat nie net mooi is nie maar ook terapeuties vir oud en jonk. Die manne is ook vinnig besig om vaardighede soos brei en hekelwerk aan te leer en dit is nie meer iets wat net vroue doen nie. 

Van die fynste kant tot chunky en funky kussings, komberse, teemusse en ornamente - sjoe te veel om op te noem! Jy kan enige iets doen met hekel! 

Hekel het soveel voordele.

    • Jy het net 'n hekelpen en wol nodig.
    • Jy kan dit saam met jou neem waar jy ookal gaan.
    • Jy kan sit en gesels terwyl jy aan 'n ou 'Granny Square' kombersie hekel.
    • Jy kan jou huis versier met die warmte wat hekelwerk bring en dit verander in 'n knus plekkie waar jy tuis voel.
    • Jy kan die mooiste geskenke maak vir jou vriendinne wat uit die hart kom.
    • Dit is iets wat jy saam met ander kan doen in 'n groep.
    • Dit bring heimwee uit die verlede en vul jou dae met sonskyn ure van sommer net lekker voor die TV sit en kuier met 'n hekelwerkie op die skoot.
    • Dit kos nie 'n fortuin nie.
     Hekelwerk bring die mens in jou na vore. Nes jou eie unieke persoonlikheid wat eie is aan jou is jou hekelwerk ook eie aan jou. Dit dra jou eie unieke stempel van oorspronklikheid en vertel ook sommer baie van jou. Mens sien dit in die spesifieke patrone wat jy kies om te maak. 'n Deel van jou persoonlikheid wys in die kleurkombinasies wat jy kies. Is jy aards kies jy neutrale skakerings van rome, gryse en bruine. Is jy outgoing en 'n ekstrovert of sommer net 'n funky mens dan sal jy gaan vir uitdagende kleure soos pers met rooi en pienk of dalk die meer besadigde en sagte mens wat hou van pastel kleure. Hou jy van growwe teksture of fyn detail? Wat ookal jou smaak is een ding is verseker - Hekel kan dit alles vir jou doen!

    Nou ja dan is dit vir eers al wat ek wil sê. Ek beoog om sommer baie patrone, raad en so aan uit te deel in die toekoms. Verder wil ek gesels oor my hekel projekte en enige hekel nuus wat 'cool' is met julle deel. 

    Aan almal wat ook van hekel hou soos ek wil ek net sê: 'Geniet die plesier en kreatiwiteit wat hekelwerk gee en lekker hekel julle!' Ek hoop julle sal kom inloer van tyd tot tyd!

    Groete

    2 comments:

    1. Monica

      Ons verwag ons tweeling enige dag nou en ek het ewe skielik baie "domesticated" begin raak. 13 jaar na ons laaste seun en nou is dit twee dogters. Ek het solank laas gehekel ek kry skaars die pen vas gehou maar het die wonderlikste wolle en wil graag 'n kombers hekel. Is daar 'n plek op die internet of 'n boek wat ek kan kry net om weer die steke op te vang? Ek geniet jou blog en sal graag ook by my eie patrone wil uit kom maar daar sal nog baie wol in die see moet loop.

      ReplyDelete
      Replies
      1. Hi LS76 en dankie vir die kuiertjie. Jong eerstens baie geluk met die tweeling wat eersdaags hulle verskyning maak. Dit gaan jou huis in rep en roer sit dit is verseker! :) Die beste plek wat ek kan aanbeveel is op lionbrand se website. Hier is die link as jy wil gaan kyk. http://learntocrochet.lionbrand.com/
        Lekker hekel en mooi bly :)

        Delete

    Ek hoop jy het lekker gekuier hier by my. Ek hoor graag van jou so los asseblief n boodskap.
    Mooi bly!
    Monica